Annelise de Jager ondersteun die Strong Schools kreet op LekkerFM

Ons is so in ons noppies en so bevoorreg om iemand soos Annelise de Jager te kry om Strong Schools se kreet te verkondig en te ondersteun. Soveel te meer d.m.v. ‘n radiostasie – sy bied die program Noodkreet op Lekker FM aan:

“In ons lewe van moderne leefstyle, tegnologiese vooruitgang en kitsoplossings sal ’n mens dink dat ’n beter lewe vir almal moontlik is. Ongelukkig is dit net ’n droom. Die werklikheid is dat daar miljoene mense in Suid-Afrika is wat ’n desperate behoefte het aan iemand wat hul noodkreet sal hoor en ’n helpende hand sal aanbied. Lekker FM se program “Noodkreet” – elke Woensdagoggend om 07h30 – is een van daardie helpende hande!” – www.lekkerfm.com

Annelise help nie-winsgewende organisasies en gemeenskapsprojekte om te ontwikkel en meer suksesvol te wees. Sy het soveel ervaring en kennisse in hierdie sektor en dus is ons dankbaar vir haar insae en motivering. Lees gerus meer oor Annelise op haar webwerf: www.annelisedejager.com.

Luister gerus na die onderhoud met Caryn Maree, uitgesaai op 28 Oktober 2020 – kliek hier vir die potgooi. As enigiemand wil bydrae tot ons werk, kontak ons gerus. Ons het finansiële en fisiese behoeftes waar elke bietjie ‘n verskil maak. So moenie huiwer om jou deel by te dra tot ‘n projek wat diep wortels het in die WKOD skole waarby ons betrokke is.